# President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika moet gereed maak om van die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika uitgesluit te word. Dit volg nadat die verhouding tussen Washington en Pretoria versleg het. President Donald Trump se administrasie voer aan Suid-Afrika diskrimineer teen minderhede, insluitend wit Afrikaners. Amerika hersien jaarliks lande se bevoegdheid om deel van AGOA te wees, en ʼn besluit oor Suid-Afrika word op 2 November verwag. Ramaphosa waarsku belastingvrye toegang tot die Amerikaanse mark kan ʼn verwoestende uitwerking op werksgeleenthede hê.
Ramaphosa sê Suid-Afrika moet gereedmaak om uit AGOA verwyder te word