# Die Activists and Citizens Forum sê die sakeman, Sulliman Carrim, behoort nie borgtog te kry nie. Carrim doen aansoek om borgtog nadat hy verlede week op die OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem is op ‘n aanklag van minagting van die Madlanga-kommissie. Carrim het nie voor die kommissie verskyn nie en mediese redes aangevoer. Hy verskyn na verwagting vandag in die Landdroshof in Pretoria. Die forum se woordvoerder, Dennis Bloem, sê bewerings moet behoorlik ondersoek word en waarsku teen voorkeurbehandeling in howe.
Forum gekant teen borgtog vir Suliman Carrim