Skip to content

Zille belowe Madlanga-tipe korrupsie-ondersoek indien sy verkies word [KLANK]

# Die DA se burgemeesterskandidaat in Johannesburg, Helen Zille, sê indien die party verkies word, sal sy ‘n onafhanklike ondersoek na korrupsie in die stad instel. Zille het afgevaardigdes by Nasrec in Gauteng toegespreek as deel van haar Now or Never-veldtog. Sy sê die ondersoek sal op ‘n soortgelyke wyse as die Madlanga-kommissie aangepak word, met openbare verhore en bevindings wat aan die publiek bekend gemaak word. Sy wil verder hê groot stadskontrakte moet deeglik ondersoek word om aanspreeklikheid te versterk:

ENG-ZilleOnMadlangaStyle