Skip to content

Koeberg Eenheid Een van lyn nadat beskermingstelsel aktiveer

# Eskom sê Koeberg Eenheid Een is gister van lyn gehaal nadat ʼn beskermingstelsel geaktiveer is tydens ʼn toetsproses wat met beplande onderhoud aan Eenheid Twee verband hou. Ingenieur-spanne ondersoek die oorsaak en of herstellende optrede nodig is. Eskom sê daar is geen kerngevaar nie. Alle veiligheidstelsels werk normaal en die stasie bly bestendig. Die instelling sê hy het genoeg opwekkingsvermoë om aan die vraag te voldoen, ten spyte van die tydelike verlies van Eenheid Een.