ʼn Amptenaar van die Grensbestuursowerheid by die Maseru-grenspos is gearresteer nadat hy blykbaar paspoorte onwettig gestempel het. Die owerheid se woordvoerder, Mmemme Mogotsi, sê die ondersoek volg nadat inligting van die Staatsekerheid-agentskap ontvang is oor Lesotho-burgers se paspoorte wat gemonitor word. Sy sê volgens intelligensie is die paspoorte vermoedelik van Limpopo na Ladybrand vervoer om onwettig gestempel te word en die visums se geldigheid en tydperk in Suid-Afrika te verleng:
Grensbestuursowerheid-amptenaar vasgetrek met 22 gestempelde paspoorte van Lesotho-burgers [KLANK]
ENG MogotsiONCorruption