# Die Nasionale Vervolgingsgesag sê die verhoor in die voortslepende wapen-korrupsiesaak teen oudpresident Jacob Zuma en die Franse wapenmaatskappy Thales begin op 1 Februarie volgende jaar. Dit volg nadat hulle versuim het om aansoek te doen om verlof tot appèl teen die uitspraak van die KwaZulu-Natalse Hooggeregshof dat die verhoor kan voortgaan. Die NVG sê geen verdere aansoeke om verlof tot appèl is uitstaande nie. Zuma en Thales het in 2021 onskuldig gepleit op aanklag van afpersing, bedrog, korrupsie en geldwassery.
Zuma en Thales word in 2027 verhoor na versuim om teen hofbeslissing te appelleer