Skip to content

Tongaat Hulett gaan na 74 jaar van die JSE gedenoteer word

# Een van Suid-Afrika se grootste suikerprodusente en landbou-ondernemings, Tongaat Hulett, gaan op 3 November van die Johannesburgse Aandelebeurs gedenoteer word. Die JSE het aangekondig hy gaan na 74 jaar die maatskappy se gewone aandele van sy hoofraad verwyder. Die maatskappy het gesukkel om talle van sy verpligtinge as genoteerde maatskappy na te kom sedert hy in sakeredding geplaas is. Die denotering bevat nie ʼn aanbod aan aandeelhouers nie en geen betaling sal dus aan hulle gedoen word nie.