Skip to content

VF Plus verwelkom hofuitspraak oor ekonomiese bemagtigingskode in regsektor [KLANK]

# Die Vryheidsfront Plus verwelkom die Hooggeregshof in Pretoria se tersydestelling van die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, se besluit om die ekonomiese bemagtigingskode vir die regsektor in werking te stel. Die party se woordvoerder Jaco Mulder, sê die uitspraak bevestig die beginsel dat ministers wettige vereistes onafhanklik moet oorweeg en beduidende afwykings van die algemene ekonomiese bemagtigingskodes moet kan regverdig. Die hofuitspraak verklaar dit nie onwettig nie, maar beklemtoon ministers moet hul statutêre bevoegdhede behoorlik uitoefen. Die kode het vereistes gestel oor eienaarskap, bestuur, vaardigheidsontwikkeling en verkryging in die regsberoep:

AFR MulderOnCourtCase