# Die Suid-Afrikaanse Suikerrietkwekersvereniging vra die minister van Finansies, Enoch Godongwana, om die suikerbelasting te skrap in sy middeltermyn-begrotingsbeleid op 21 Oktober. Die vereniging sê die heffing bedreig die suikerwaardeketting met suikerrietaflewerings wat dié seisoen met 18-persent gedaal het. Hy sê kwekers het ook te doen met buitelandse suiker-invoere en onsekerheid rondom die suikerreus Tongaat Hulett. Die vereniging voer aan die verwydering van die heffing sal beleidsekerheid verskaf en beleggings in die bedryf ondersteun.
SA Suikerrietkwekersvereniging bepleit afskaffing van suikerbelasting