# Die Mededingingskommissie het teen die Premier-groep opgetree oor die beplande sluiting van die RFG-vrugte-inmaakfabriek in Tulbagh in die Wes-Kaap. Die kommissie het ‘n aansoek ingedien om die Mededingingstribunaal se voorwaardelike goedkeuring van Premier se samesmelting met RFG Holdings op 6 Maart te herroep. Dis op 30 Maart ingestel nadat die partye gesê het hulle oorweeg nie om enige aanlegte te sluit nie. Woordvoerder Siyabulela Makunga sê die sluiting is voor goedkeuring oorweeg en nie bekend gemaak nie, ondanks versoeke. Die fabriek het meer as 400 werkers in diens.
Mededingingskommissie tree op teen Premier-groep oor beplande sluiting van vrugte-inmaakfabriek in Tulbagh