Skip to content

Die VF Plus vra Ramaphosa om die werklikheid van plaasmoorde te erken en te veroordeel

# Die Vryheidsfront Plus vra president Cyril Ramaphosa om die werklikheid van plaasmoorde in die land te erken en te veroordeel. Dit volg op die moord op die 55-jarige Hannetjie van Zyl, wat oor die kop geslaan is terwyl sy besig was om ‘n hek op haar plaas, Doornpan, in Noordwes oop te maak. Sy het op pad na die hospitaal aan haar beserings beswyk. Die leier van die VF Plus, Corné Mulder, sê plaasaanvalle is die gewelddadige gevolge van haatspraak en aanhitsing soos “Kill the Boer”, wat Ramaphosa weier om te veroordeel.