# ‘n Graad 11-leerder van Gauteng het die toekenning as die Beste Senior Wetenskaplike by die 2026 Eskom Ekspo Internasionale Wetenskapuitstalling verower. Rudra Patel, van die UJ Academy Maths, Science and ICT School of Specialisation, het ‘n prys van 75-duisend-rand gewen vir navorsing oor die gebruik van plantekstrakte om die groei van koring te verbeter. Denica Swartz, ‘n graad 8-leerder van die Vrystaat, is as Beste Junior Wetenskaplike aangewys, terwyl Tshepisho Vuyo Nkosi, van Mpumalanga, die toekenning vir die Beste Ontwikkelingskool ontvang het. Daar is 25 goue, 100 silwer- en 111 bronsmedaljes by die uitstalling toegeken.
Gautengse leerder wen toekenning vir Beste Senior Wetenskaplike by Eskom Ekspo