# Die Stad Kaapstad sê met laer damvlakke en ʼn lang, droë somer wat verwag word, is dit belangrik om elke liter drinkwater te spaar. Die metro se ontspanningsgeriewe en parke spaar daagliks sewe-miljoen liter water deur gesuiwerde afvloeiwater vir besproeiing en ander doeleindes te gebruik. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê hulle brei die gebruik van behandelde afvloeiwater uit om vir goedgekeurde doeleindes, drinkwater uitgesluit, te gebruik, soos die besproeiing van parke en sportgronde:
Stad Kaapstad verskerp waterbesparingspoging terwyl droë somer verwag word [KLANK]
ENG BadroodienONDrySummer