# Die Universiteit van Kaapstad het met 17 plekke tot die 147ste plek in die Times Higher Education-wêrelduniversiteitsranglys vir 2027 opgeskuif. Die instelling beklee steeds die hoogste plek in Afrika en hy het sy hoogste algehele telling op die ranglys sedert 2016 behaal. Die universiteit sê verbeterings in navorsing en onderrig was van die hooffaktore wat tot die styging bygedra het. Die Universiteit van Kaapstad se visekanselier, Mosa Moshabela, sê die uitslag weerspieël die pogings van studente, personeel, alumni en vennote.
Universiteit van Kaapstad nou onder die wêreld se top 150 universiteite