# ‘n Flydubai-vlug vanaf Dubai na Tel Aviv is herlei na Saoedi-Arabië nadat die vlieëniers blykbaar handgemeen geraak het. Die vlug het noodseine uitgestuur, waaronder een wat op moontlike onregmatige inmenging aan boord dui, voordat dit veilig in Tabuk geland het. Die vliegtuig het binne sowat 30 sekondes skielik bykans vier-duisend-200 meter in hoogte verloor. Die passasiers en bemanningslede is almal veilig. Israelse owerhede sê daar is geen aanduiding dat die voorval met ‘n kaping verband hou nie.
Flydubai-vlug herlei na Saoedi-Arabië toe vlieëniers handgemeen raak