# Die PowerBall- en PowerBall-plus-trekkings bied vanaand ‘n gesamentlike geskatte boerpot van 101-miljoen-rand. Die PowerBall-boerpot staan op 80-miljoen-rand, terwyl die PowerBall-plus-boerpot 21-miljoen-rand beloop. Die trekking vind net ná nege-uur vanaand plaas. ‘n Ontleding van vorige trekkings toon nommer 13 is sedert Junie 2018 die meeste as hoofnommer getrek op 106-trekkings. Die grootste PowerBall-boerpot nóg was 232-miljoen-rand, wat in 2019 met een kaartjie in Kaapstad gewen is.
Vanaand se PowerBall-boerpotte beloop altesaam R101-miljoen