Skip to content

SA Suikerrietkwekersvereniging beskuldig kleinhandelaars dat hulle nie plaaslike vervaardigers ondersteun nie

# Die SA Suikerrietkwekersvereniging sê kleinhandelaars en voedselvervaardigers versuim om ‘n verbintenis na te kom om Suid-Afrikaans-vervaardigde suiker te koop. Volgens die vereniging het plaaslike suikerverkope oor die afgelope drie seisoene met 20-persent gedaal, ten spyte van genoeg plaaslik vervaardigde suiker om aan die vraag te voldoen. Die woordvoerder van die vereniging, Higgins Mdluli, sê sommige kleinhandelaars verkoop suiker uit lande soos Eswatini, wat plaaslike boere en werkgeleenthede benadeel. Mdluli het kleinhandelaars aangespoor om die 95-persent plaaslike verkrygingsverbintenis na te kom.