# Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing sê sardynvrektes neem af, met geen nuwe gevalle van grootskaalse sterftes aangemeld nie. Die enigste nuwe geval die afgelope week was sardyne wat naby die Wildekus in Pondoland in die Oos-Kaap uitgespoel het. Woordvoerder Zolile Nqayi sê die tydelike voorsorgmaatreël wat ingestel is, bly tot 2 Oktober van krag. Hy sê almal met ‘n vangsreg mag net 25-persent van sy oorblywende sardynkwota vang. Nqayi sê die werkgroep vir klein pelagiese vissoorte sal volgende Dinsdag weer na die situasie kyk.
Departement handhaaf voorsorgbeperking op sardynvangste ondanks afname in vrektes