# Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, is optimisties die geskil oor Amerikaanse visumbeperkings wat sekere Suid-Afrikaners raak, kan binnekort opgelos word. Amerika sê die beperkings is gemik op persone wat verbind word met sekere beleid wat verband hou met grond, ras en geweld. Didiza sê diplomatieke samesprekings tussen Pretoria en Washington duur voort, met ambassadeur Roelf Meyer wat ook gesprekke voer. Die Minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, het aan die SABC bevestig samesprekings word volgende week gehou:
Didiza vertrou geskil oor Amerikaanse visums sal opgelos word [KLANK]
ENG-TauOnUSMeeting