# Die sakeman Hangwani Maumela, wat die middelpunt is van ‘n wyer ondersoek na beweerde korrupsie by die Tembisa-hospitaal in Gauteng, betwis ‘n belastingrekening van 1,9-miljard-rand. Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens eis die geld van Maumela en die trustees van die MHR-familietrust. Die Spesiale Ondersoekeenheid het voorheen sy familietrust gekoppel aan beskermde bates wat by die ondersoek betrek word. Miljarde rand is betrokke by die ondersoek na beweerde verkrygingsbedrog by die hospitaal.
Tembisa tender-“don” Maumela kry belastingrekening van R1.9-miljard