# Die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, Leo Brent Bozell, sê die nuwe beleid oor visumbeperkings vir Suid-Afrikaners is die eerste stap in ‘n reeks maatreëls wat Amerika se vasberadenheid sal toon. Dis gemik op persone wat volgens Amerika verantwoordelik is vir die bevordering van rasgebaseerde diskriminasie, die aanhitsing van geweld teen Afrikaners en ander minderheidsgroepe, of die moontlike toepassing van onteiening sonder vergoeding. Bozell sê Amerika streef na sterk en volhoubare betrekkinge met die Suid-Afrikaanse regering, maar die regering het tot dusver min belangstelling getoon.
Amerikaanse ambassadeur sê tyd vir eindelose gesprekke is verby ná nuwe visumbeperkings