# President Cyril Ramaphosa sê die BRICS-lande moet ekonomiese samewerking versterk en verder gaan as om bloot net handel te dryf met onverwerkte grondstowwe. Ramaphosa het tydens die dialoog tussen leiers by die BRICS-sakeforum in Nieu-Delhi, Indië, gevra vir meer belegging in vervaardiging en plaaslike produksie, die veredeling van minerale, energie, infrastruktuur en logistiek. Hy het gesê Afrika moet nie voort gaan met die uitvoer van minerale nie, terwyl ander lande voordeel trek uit die verwerking en vervaardiging van grondstowwe:
Ramaphosa moedig BRICS aan om meer te doen as net onverwerkte grondstowwe uit te voer [KLANK]
ENG RamaphosaOnRawCommodity