# Standard Bank waarsku die droë toestande gekoppel aan die 2026/2027 El Niño-verskynsel, kan gewasse, vee, voedselpryse en die breër ekonomie beïnvloed. Die bank sê droogte, hitte en laer reënval kan druk op boere en watervoorrade plaas. Hy sê dit kan ook lei tot hoër voedselkoste en kan ekonomiese groei beïnvloed. Louis van Ravesteyn van Standard Bank sê boere is egter beter voorbereid as tydens vorige droogtes, met beter waterbestuur, tegnologie en klimaatslim boerderypraktyke wat help om die risiko’s te bestuur.
Standard Bank waarsku oor verhoogde El Niño-risiko’s vir landbou