# Die Sentrale Energiefonds gaan voort met planne om die ongebruikte Sapref-raffinadery in Durban weer in bedryf te stel om Suid-Afrika se olieraffinaderyvermoë te verdriedubbel. Uitvoerende hoof Tshepo Mokoka sê die herontwikkeling sal in drie fases geskied. Die eerste fase behels die gebruik van bestaande infrastruktuur om verwerkte brandstofprodukte in te voer. Die langtermyndoel is dan om ‘n vermoë van tot 650-duisend vate per dag te bereik. Sapref is in 2024 vir slegs een-rand gekoop nadat vloedskade sy sluiting veroorsaak het. Geen befondsing of tydlyne is aangekondig nie.
Sentrale Energiefonds bevorder planne vir herontwikkeling van Sapref-raffinadery