# Japan stuur dié naweek drie militêre helikopters en 180 personeellede na Indonesië om te help met die bestryding van reuseveldbrande. Helikopterspanne sal Saterdag begin met brandbestrydingswerk in Wes-Kalimantan. Indonesië worstel tans teen brande in ses provinsies op Sumatra en Borneo. Meer as 76-duisend hektaar het reeds gedurende die land se erg droë seisoen afgebrand en die rook versprei oor Suidoos-Asië. Indonesië het meer as 50 vliegtuie vir waterbomme en pogings om reënval te bevorder beskikbaar gestel, maar owerhede verwag brandbestrydingspogings sal die hele maand voortduur.
Japan stuur hulp met verwoestende veldbrande in Indonesië