# Die Ford Motor-maatskappy in Suid-Afrika het aangekondig dat hy twee-duisend-275 dubbelkajuit-bakkies wat in 2026–2027 vervaardig, en tussen 22 Mei en 23 Junie vanjaar verkoop is, herroep. Dit volg nadat ʼn moontlike probleem met die voertuie se sygordyn-lugsakstelsel geïdentifiseer is. Dit is ook van toepassing op voertuie wat na Namibië, Botswana, Lesotho en Eswatini uitgevoer is. Die Nasionale Verbruikerskommissie se woordvoerder, Phetho Ntaba, sê die betrokke lugsakke kan moontlik met die B-stut se afwerking kontak maak en nie ontplooi soos dit moet nie:
Meer as 2 000 Ford Rangers herroep weens kommer oor foutiewe lugsakke [KLANK]
ENG NtabaONAirbagsFault