# Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, sê Suid-Afrika se munisipaliteite moet dringend infrastruktuur, finansiële bestuur en basiese dienste verbeter om beleggings te lok en ekonomiese groei te ondersteun. Hy het by die Simposium vir Volhoubare Infrastruktuurontwikkeling in Kaapstad gesê, betroubare water-, elektrisiteits-, sanitasie- en afvaldienste is van kritieke belang vir beleggersvertroue. Hy sê munisipaliteite moet inkomste-invordering, tegniese kapasiteit en bestuur versterk om finansieel volhoubaar en beleggingsgereed te word:
Hlabisa vra munisipaliteite moet gereed wees vir belegging [KLANK]
ENG-HlabisaOnInvestment