Skip to content

Airlink stel regstreekse vlugte tussen Gqeberha en Mbombela in

# Airlink gaan van 16 November regstreekse vlugte tussen Gqeberha in die Oos-Kaap en die Kruger-Mpumalanga Internasionale Lughawe in Mbombela instel. Die lugredery sal drie vlugte per week bedryf op ‘n 44-sitplek Embraer ERJ140-vliegtuig – Maandae, Woensdae en Vrydae. Airlink sê die roete sal reistyd aansienlik verminder vir vakansiereisigers deur verbindings deur Gauteng uit te skakel. Die redery poog ook om sakebande tussen die Oos-Kaap en Mpumalanga se ekonomiese en nywerheidspilpunte te versterk.