Skip to content

Veldbrand lei tot massa-ontruiming naby Reno

# ‘n Brand wat vinnig versprei bedreig die Amerikaanse stad Reno in Nevada, met byna 90-duisend-mense wat beveel is om te ontruim of gereed te maak om te vlug. Die brand wat as Die Hawk bekend staan het meer as vier-duisend-hektaar verbrand en bly heeltermaal buite beheer. Ongeveer-42-duisend inwoners is onder verpligte ontruimingsbevele, terwyl nog 45-duisend in ‘n waarskuwingsone is. Minstens ses mense, insluitend drie brandbestryders, is beseer. Sterk wind en droë toestande vererger die brand, wat volgens amptenare doelbewus gestig is. Nevada se goewerneur het ‘n noodtoestand verklaar.