# Noorweë se minister van Energie, Terje Aasland, sê die land sal voortgaan om sy olie- en gasbronne in die Barents-see te ontwikkel, ongeag die Europese Unie se steun vir ‘n verbod op verdere olie- en gasontwikkeling in die Arktiese gebied. Noorweë het Europa se grootste verskaffer van aardgas geword ná Rusland se inval in Oekraïne in 2022 en voorsien tans sowat 30-persent van die EU en Brittanje se aardgas. Die EU oorweeg ‘n hersiening van die verbod op nuwe boorwerk in die Arktiese gebied weens kommer oor energiesekerheid.
Noorweë sal in die Arktiese gebied boor ongeag EU se standpunt