# Die rand het gister tot onder 16 rand teenoor die dollar versterk en sy sterkste vlak sedert die begin van die Iran-oorlog bereik. Die geldeenheid is aangemoedig deur ‘n swakker Amerikaanse dollar en verdere winste in die goudprys. Reuters sê die dollar het in vroeë handel teen ongeveer 16-rand-5 sent verhandel, terwyl News24 berig dit het vir ‘n rukkie onder 16 rand verhandel. Die Amerikaanse geldeenheid het onder druk gekom nadat die Amerikaanse Tesourie planne aangekondig het om langtermyn-staatseffekte te koop. Goud is ook op pad na ‘n derde agtereenvolgende weeklikse wins.
Rand breek deur R16 teen sukkelende dollar, goud versterk