# ‘n Elektrisiën van Kimberley in die Noord-Kaap, Andrew “Benji” Benjamin, is die wenner van MasterChef South Africa se sesde seisoen en het prysgeld van ‘n miljoen-rand losgeslaan. Die 40-jarige amateursjef het Candice Meth van Durban in ‘n spannende eindronde uitgestof. Benjamin, ‘n hoogspanning-elektrisiën, het kykers en beoordelaars beïndruk met sy kalm benadering en kookvernuf. Die oorwinning is ‘n reuse-prestasie vir Benjamin, wat sê sy gesin het sy passie vir kook aangewakker.
Elektrisiën wen MasterChef en stap weg met R1-miljoen