# President Cyril Ramaphosa het onderneem om Suid-Afrika se voorsitterskap van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap te gebruik om streeksekonomiese integrasie te verdiep en veerkragtige, volhoubare en inklusiewe industrialisering te bevorder. Hy het die SAOG-voorsitterskap van die Zimbabwiese president Emmerson Mnangagwa ontvang tydens die 46ste Gewone Spitsberaad van SAOG-staats- en -regeringshoofde in Durban. Die oorhandiging bepaal die einde van Zimbabwe se ampstermyn en die begin van Suid-Afrika se leierskap van die 16-lid streekblok. Ramaphosa sê ‘n sleutelfokus sal wees om ekonomiese bande regoor die streek te versterk:
Ramaphosa sê Suid-Afrika sal SAOG-voorsitterskap gebruik om streeksamewerking te versterk [KLANK]
ENG RamaphosaOnResilience