Skip to content

Miljoene sterrekykers in Europa beleef skaars algehele sonsverduistering

# ‘n Sonsverduistering het gister in Europa voorgekom met ‘n uiters skaars algehele verduistering wat in Spanje, Portugal, Ysland en Groenland te sien was. ‘n Sonsverduistering kom voor wanneer die maan direk tussen die aarde en die son inbeweeg en dan ‘n skaduwee op die aarde gooi. ‘n Gedeeltelike sonsverduistering waar ‘n deel van die son se lig nie gesien kan word nie, het oor Noord-Amerika, Kanada, die meeste van Europa en noord-wes Afrika voorgekom. Dit was die eerste algehele sonsverduistering oor die Europese vasteland in twee dekades.