Skip to content

Omgewingsektor maak deure oop vir jong Suid-Afrikaners

# Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing sê die omgewingsektor skep duisende geleenthede vir jong Suid-Afrikaners. Meer as vyf-duisend gegradueerdes in die omgewingsektor het werkplasings gekry en meer as 24-duisend-500 werksgeleenthede is in die eerste kwartaal van 2026/27 geskep. Jongmense het 81-persent van hierdie geleenthede ontvang. Adjunkminister Narend Singh sê geleenthede strek oor bewaring, afvalbestuur, klimaat-innovering, bosbou en oseane-ekonomie. Hy moedig jongmense aan om loopbane in die groeiende groen ekonomie en die omgewingsektor te oorweeg.