Skip to content

FMD Response SA skets pad vorentoe om status as bek-en klouseervrye uitvoerland te herwin

# FMD Response SA sê Suid-Afrika moet wye, gelyktydige immuniteit onder beeste bereik om die oordragsiklus van bek-en-klouseer te verbreek en weer toegang tot voorkeur-uitvoermarkte te verkry. Woordvoerder Andrew Morphew sê minstens 80-persent van beeste moet binne ses tot agt weke immuun wees, eerder as deur ‘n geleidelike inentingsprogram. Hy sê hoewel die privaat sektor toegelaat word om betrokke te raak in die verkryging en verspreiding van entstowwe, bly grootskaalse inentingsveldtogte en deurlopende monitering noodsaaklik om Suid-Afrika se bek-en-klouseervrye status te herwin.