# Navorsers in Queensland het vyf Australiese eksters met GPS-opspoorders toegerus om hul bewegings dop te hou en te probeer uitvind hoe ouderdom, geslag en rangorde hul gedrag beïnvloed. Die voëls het mekaar egter binne enkele minute met hul snawels gehelp om dit los te maak en al die toestelle te verwyder. Die navorsers beskou dit as ‘n voorbeeld van probleem-oplossing. Hulle sê die projek was nie ‘n mislukking nie, want dit voorkom dat dieselfde ontwerp in ‘n groter studie gebruik word. Die bevindings kan help om toekomstige navorsing te verbeter.
Slim Australiese eksters fnuik navorsers se opsporingsprojek