# Die Dangote Petroleum-raffinadery het amptelik sy aansoek vir ‘n aanvanklike openbare aanbod by Nigerië se Sekuriteite- en Uitruilkommissie ingedien, met die oog op ‘n hoofnotering op die Nigeriese Beurs. Dit sal na raming die grootste aandele-uitgifte in Afrika se geskiedenis te wees, teen sowat 653,4-miljard-rand. Die Johannesburgse Aandelebeurs poog om ‘n sekondêre notering te verseker wat Afrika se grootste raffinadery nog ‘n groter vastrapplek op die vasteland se kapitaalmarkte kan gee. Die uitvoerende hoof van die JSE, Valdene Reddy het aan CNBC Africa gesê die Dangote Raffinadery is een van verskeie voornemende noterings wat in die tweede helfte van die jaar verwag word.
Nigerië se Dangote kan Afrika se grootste aandele-aanbod in voorgestelde notering word