Skip to content

Energiekenner sê Eskom se herstel is ‘n gedeelde sukses

# Die energiekenner Chris Yelland sê Eskom verdien erkenning vir die verbetering in sy prestasie, maar die einde van beurtkrag kan nie uitsluitlik aan die kragvoorsiener toegeskryf word nie. Hy sê die afname in elektrisiteitsvraag, groter privaat beleggings in hernubare energie en die regering se finansiële steun het alles tot Eskom se herstel bygedra. Eskom het ‘n energiebeskikbaarheidsfaktor van 82,04-persent en meer as 440 agtereenvolgende dae sonder beurtkrag aangeteken.