# President Cyril Ramaphosa het Seriti Green geprys vir hul bykomende 10-miljard-rand-belegging in Mpumalanga se hernubare energiesektor en noem dit ‘n belangrike mylpaal in Suid-Afrika se energieproduksie. Hy sê die bykomende 10-miljard-rand sal die maatskappy se algehele toegewyde belegging in die streek op 25-miljard-rand te staan bring. Ramaphosa sê die regering beplan ‘n verdere 600-megawatt vir windenergie-opwekking, wat een van die grootste hernubare energiesentrums in Suider-Afrika sal vestig. Altesaam 187 windturbines word daarvoor beoog.
Ramaphosa verwelkom Seriti Green se nuwe ooreenkoms om 10-miljard-rand in Suid-Afrika se energieproduksie te belê [KLANK]
ENG RamaphosaONEnergy