# Die Internasionale Handelsadministrasie-kommissie beveel hoër aksynsbelasting aan op ingevoerde grondboontjiebotter, van 99-sent per kilogram tot 25-persent van die waarde. ‘n Ondersoek het bevind stygende invoere, meestal uit Indië, benadeel plaaslike vervaardigers. Die kommissie sê binnelandse produksie, verkope en fabrieks-vermoë het afgeneem weens stygende produksiekoste. Die kommissie het ook ‘n ondersoek gelas na ‘n tydelike korting op ingevoerde grondbone om die mededingendheid van Suid-Afrikaanse produsente te verbeter.
Handelskommissie beveel hoër aksynstariewe aan op ingevoerde grondboontjiebotter