Skip to content

SA Suikerriet-kwekersvereniging waarsku bedryf is onder druk weens goedkoop invoerprodukte

# Die Suid-Afrikaanse Suikerrietkwekersvereniging het die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, gevra om die tariefmeganisme vir suiker-invoere te finaliseer om werklikhede in die huidige plaaslike suikermark te weerspieël. Nuwe data toon 94-duisend-984 ton suiker is tussen Januarie en Mei ingevoer teenoor 55-duisend-213 ton in dieselfde tydperk verlede jaar. Die Internasionale Handelsadministrasie-kommissie bepaal tans of die bestaande suikertariewe die mededingend is.  Die vereniging sê elke ton plaaslike suiker wat deur ʼn ingevoerde ton vervang word, het ʼn regstreekse uitwerking op ʼn kweker se inkomste.