# Die Filippynse Kuswag beskuldig sy Chinese ampsgenoot dat hy weer waterkanonne afgevuur het op regeringskepe, die derde voorval tussen die twee lande in die Suid-Chinese See hierdie week. ‘n Chinese vaartuig het tot binne sewe meter van ‘n Filippynse vissersboot beweeg in die Scarborough-rif in die Filippyne se eksklusiewe ekonomiese sone, wat ‘n ernstige gevaar geskep het. ‘n Soortgelyke voorval het gister plaasgevind. China eis soewereiniteit oor bykans die hele waterweg, insluitend dele van die eksklusiewe ekonomiese sones van Brunei, Indonesië, Maleisië, die Filippyne en Viëtnam.
Filippyne beskuldig China dat hy sy vaartuie ‘n tweede dag met waterkanonne bestook