Skip to content

Meer as tien-duisend mense in suidwestelike Frankryk oornag ontruim weens veldbrand

# Meer as tien-duisend mense is oornag in die suidweste van Frankryk ontruim nadat ‘n veldbrand vinnig versprei het en sowat twee-duisend hektaar grond wes van Bordeaux verwoes het. Data toon veldbrande het vanjaar reeds meer grond in Europa verbrand as die jaarlikse gemiddelde van die afgelope twee dekades. Dit volg op drie opeenvolgende hittegolwe, waar temperature vinniger styg as op enige ander vasteland ter wêreld. Vyf-honderd brandbestryders veg tans om die brand te beheer. Geen beserings is tot dusver aangemeld nie. Die brand woed naby die gewilde toeristebestemming Arcachonbaai.