Skip to content

Solidariteit vra Reserwebank om nie te oorreageer op inflasiepiek nie

# Die vakbond Solidariteit het die Suid-Afrikaanse Reserwebank gevra om rentekoerse onveranderd te hou wanneer sy Monetêre Beleidskomitee hierdie week vergader. Volgens die vakbond is die inflasiestyging tot vyf-persent in Junie hoofsaaklik veroorsaak deur hoër brandstofpryse wat met die konflik in die Midde-Ooste verband hou , eerder as sterk verbruikersvraag. Theuns du Buisson van Solidariteit sê nog ‘n rentekoersverhoging sal min doen om inflasie te verminder, maar kan ekonomiese groei vertraag.