# Die Wes-Kaapse LUR vir Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Ivan Meyer, moedig ondernemings aan om aansoek te doen vir die uitvoermededingsprogram, wat ondernemings wil help om hul teenwoordigheid op internasionale markte uit te brei. Die program bied ondersteuning met die voldoening aan internasionale standaarde, die verbetering van produkte, uitvoernakoming, e-handel en die uitbreiding van produksievermoëns. Meyer sê groter uitvoere is die sleutel tot werkskepping, die lok van beleggings en die groei van die provinsiale ekonomie.
Wes-Kaapse LUR vra ondernemings om aansoek te doen vir uitvoermededingendheidsprogram [KLANK]
AFR MeyerOnExportProgramme