# Die Amerikaanse Handelskantoor het Suid-Afrika en 59 ander lande tot Donderdag tyd gegee om bykomende inligting te verskaf oor hul beleid teen dwangarbeid. ʼn Suid-Afrikaanse afvaardiging het verlede week deelgeneem aan ʼn openbare verhoor waar die land gepleit het om uitgesluit te word van die voorgestelde 12,5-persent tarief op invoer van goedere wat met dwangarbeid vervaardig is. As alternatief het Suid-Afrika versoek dat geen tariewe gehef word op belangrike uitvoerprodukte soos edelmetale, voertuie en sitrusvrugte nie, en voer aan daar is geen bewyse dat dwangarbeid by hierdie produkte nie.
Amerika stel nuwe sperdatum oor dwangarbeidpodukte vir Suid-Afrika en ander lande