# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê die voortvlugtige Ndodana Mkhanyisi Tshuma sal aan Brittanje uitgelewer word sodra al die nodige dokumente onderteken is. Die 45-jarige Zimbabwiese burger, wat deur Interpol gesoek word vir die moord op sy vrou en twee kinders in die Verenigde Koninkryk, is verlede week in Johannesburg in hegtenis geneem. Kubayi sê Suid-Afrikaanse owerhede het eers van Tshuma se status bewus geword nadat hy verlede Sondag in die land aangekom het:
Minister Kubayi sê Britse driedubbele moordverdagte word binnekort uitgelewer [KLANK]
ENG KubayiOnFugutive