# Die Kango-grotte in die Wes-Kaap sal vandag amptelik weer vir besoekers oopgestel word na bevestiging dat die pad na die gewilde toeriste-aantreklikheid weer oop is. ‘n Stop-en-ry-verkeerstelsel is egter steeds in werking. Die bestuur sê hy sien daarna uit om besoekers terug te verwelkom by een van Suid-Afrika se oudste en gewildste erfenisterreine.
Kango-grotte vandag vir publiek oopgestel