# Die Internasionale Monetêre Fonds sê Suid-Afrika se groeivooruitsig sal waarskynlik bestendig bly en verbeter te midde van versterkte beleidsraamwerke en voortgesette strukturele hervorming. Die IMF verwag die land se ekonomiese groei sal vanjaar op 1,1-persent dieselfde wees as in 2025. Dit bly egter laer as die Suid-Afrikaanse Reserwebank se skatting van 1,2-persent. Die IMF het sy globale groeivooruitsig van 3,1-persent tot drie-persent verlaag en sê die wêreldekonomie toon veerkragtigheid.
IMF sê Suid-Afrika se ekonomiese groei sal bestendig bly bly weens voortgesette strukturele hervorming